1
Die gemiddelde persoon leef van betaaldag tot betaaldag, en probeer net oorleef. Hul wil iets beter hê maar weet nie presies wat om te doen nie – hierdie is jou NUWE reis!
2
Elke stap wat jy neem is nog ‘n stap nader daaraan om FINANSIEEL VRY te wees – dus, om nie afhanklik van ‘n werk te wees nie, die ekonomie, of uitdeelstukke van die staat of jou familie nie.
3
Voltooi jou WELVAART-BREINPROFIEL. Breinprofiele onthul hoekom ons verskil in die manier wat ons studeer, om ons kinders te dissiplineer, kommunikeer, en hoe ons GELD hanteer.
4
Meeste van ons het nie by ons ouers geleer hoe om ons geld te bestuur nie, ook nie op skool of Universiteit nie – ons het HULP nodig met die beplanning van ons finansies, om ons skuld te beheer en aftree beplanning.
5
Jy het ‘n FINANSIËLE PLAN nodig om by finansiële onafhanklikheid uit te kom – leer HOE om jou geldplan te implimenteer soos ryk mense dit doen.
6
Om in jou aftrede te belê is ‘n ingesteldheid. Dit is ‘n manier van leef. Dit is nie ‘n liefde vir geld nie maar respek vir geld self – om jou TOEKOMS te verseker deur vandag jou geld reg te bestuur!
7
Die RYK BREIN-DAGBOEK is ontwerp om jou te help ontslae raak van slegte geld gewoontes en nuwe gewoontes te anker, positiewe denke te vestig, en dit vol te hou.